HALLO JJ: ANNEMIE NIEUWOUDT Mart-Marié van den Berg
2012-12-27 01:00

Annemie Nieuwoudt is een van JIP se nuwe JJ’s. Sy is in gr. 11 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle.

 

Sy antwoord ’n paar vrae...

 

My gunsteling vak op skool is:

 Geografie.

 

Wat maak jou uniek?               

Die feit dat ek myself is.

 

Watter woord sê jy die meeste?

Dis ‘fine’

 

Strandvakansie of bosvakansie?           

Definitief strandvakansie

 

Ek eet graag...             

Pizza!

 

Ek hou niks van...                    

Vis (die reuk daarvan laat my maag draai)

 

Ek is bang vir...

Mislukking en dat ek nie iets betyds en goed genoeg kan afhandel nie.

 

Die drie belangrikste dinge in my lewe is...                    

My familie, my vriende en my Hemelse Vader.

 

My familie is... 

Baie uniek. Elkeen is so spesiaal op hul eie manier en ons kan altyd saam lag. Ons vertrou mekaar ten volle.

 

As ek eendag as president verkies word sal ek...          

Die hele dag spandeer om mense te probeer oortuig dat mens nie iets kan oplos met geweld en oneerlikheid nie. Jy moet kan vergeet en vergewe. Ons almal maak foute en mens moet leer om met mekaar te kan saamleef. As ons dit kan reg kry, KAN Suid-Afrika ’n verskil maak.

 

Daar is min dinge so lekker as/soos...               

’n Sonsondergang op die strand terwyl die branders op jou voete breek en die wind liggies deur jou hare waai.

 

Ek wou ’n JJ word, want...                  

Ek wil ’n verskil maak met dit wat ek doen. Deur ’n JJ te wees kan ek mense buite my onmiddelike omgewing raak. Ek het nog altyd gehou van skryf en wil my talent gebruik om ander aan te raak en ’n verskil te maak.

 

Die een ding wat mense nie van my weet nie is...           

Dat ek tot in graad ses saam met ‘Flaffie’,  my teddie, geslaap het.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur