ONTMOET DIE NUWE JJ! Mart-Marié van den Berg
2012-12-26 01:00

Angelique Cordy is een van die nuwe JJ’s vir 2013. Leer meer oor dié nuwe JJ:

 

Skool en graad:

Hoërskool Goudini

 

My gunsteling vak op skool is...

Afrikaans

 

Wat maak jou uniek?

Anders as ander tieners, veral my vriendekring, het ek ’n ou siel.

 

Watter woord sê jy die meeste?

Beslis!

 

Strandvakansie of bosvakansie?

Definitief ’n strandvakansie, niks kan kers opsteek teenoor die sand tussen jou tone en ’n lekker braaitjie met die see se aroma in die lug nie!

 

Ek eet graag...

sushi, bloukaas, roomys, pizza, pasta ens!

 

Ek hou niks van...

oppervlakkige mense, en ’n deurmekaar huis nie

 

Ek is bang vir...

die donker...

 

Die drie belangrikste dinge in my lewe is...

musiek met karakter en mening, vertroue en liefde.

 

My familie is...

my verlede, hede, toekoms, my lewe.

 

As ek eendag as president verkies word sal ek...

Die doodstraf terugbring.

 

Daar is min dinge so lekker as/soos...

‘n fantastiese aand om die vuur met jou vriende nie!

 

Ek wou ’n JJ word, want...

Ek glo ek het iets om te se en dit is ook natuurlike die begin van my joernalistieke loopbaan.

 

Die een ding wat mense nie van my weet nie is...

Ek is eintlik ’n baie spontane mens, al kom ek heel rustig voor.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur