VAKANSIEROMANSE – GOED OF SLEG? Liandri Pretorius
2012-12-26 10:00
Thinkstock


Beplan jy om ’n vakansieromanse soos in die flieks te hê? Onthou net: dit gaan nie noodwendig afspeel soos ’n toneel uit Forgetting Sarah Marshall of The Sisterhood of the Travelling Pants nie.

Wanneer dit ’n goeie idee is

Dit is ’n goeie idee wanneer jy nie klaar ’n ou of ’n meisie het nie. Die laaste ding wat jy wil hê is om huistoe te gaan met die taak om vir hom of haar te sê wat jy aangevang het.

Dit gaan ook oor verwagtinge. As jy hoop dat die verhouding verby net die vakansie moet strek, moet jy vir die persoon laat weet sodat jy seker is julle altwee weet wat aangaan. Of, as jy seker is dat dit net ’n vakansieromanse gaan bly, is dit ook iets waaroor julle moet praat.

Wanneer dit ’n slegte idee is

Indien jy ’n toekoms vir die twee van julle sien, moet jy seker maak dat jy reg is vir ’n langtermyn, langafstand verhouding. As jy vooraf weet dat dit nie iets is wat jy kan doen nie en nie een van julle is bereid om nader aan die ander te trek nie, is dit beter om dit te los.

Dit is beslis ook ’n slegte idee as jy op die rebound is en die outjie of meisie net gebruik om oor iemand te kom én jou vakansie-kêrel is besig om vir jou te val.

Vakansieromanse kan sorg vir goeie herinneringe, maar die goue reël is om eerlik en versigtig te wees – al weet jy jy gaan hom of haar dalk nooit weer sien nie.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur