PINK - THE TRUTH ABOUT LOVE Gerik Slabbert
2012-12-20 05:00

Pink - The Truth About Love

Well... Na 17 jaar in die besigheid en 40 miljoen album verkope is Alicia Beth Moore, of Pink soos ons haar ken, weer besig om die musiek wêreld op sy kop te draai met haar sesde studio album "the truth about love".

Ek het lanklaas, nee wag... Ek het nog nooit ’n hele cd, elke liedjie aanmekaar geluister en nie moeg geraak daarvoor voor liedjie sewe nie, maar met hierdie cd het ek heeltyd geluister en ek het heeltyd geglimlag omdat dit doodeenvoudig fantasties is.

Ek dink Pink word soms onderskat met haar skryf en sang vermoë en ek dink dat meeste mense nie agterkom dat sy eintlik ’n musikale genie is nie. Die album bevat ’n grooooot verskeidenheid musiek style. Dit wissel van RnB invloede na alternatiewe rock, anthems, en die mooiste klavier en vioolmusiek. En nie net dit nie, maar elke liriek, elke storie, elke emosie of gevoel van elke liedjie word so mooi uitgedruk dat dit grens aan perfeksie.

Daar is ook ’n paar van daardie rebelse liedjies met ’n tikkie humor in soos net Pink dit kan doen.

Die album bevat ook liedjies wat saam met Eminem opgeneem is ( wat awesome is saam met Pink) en die sensasionele band FUN ( in die liedjie "just give me a reason" wat dalk die mooiste song is op die album).

Maar tog: vergeet van die musiek en die super-famous mense en fokus op die heel beste ding van die album: Pink. Sy het meeste van die liedjies self geskryf. En haar vocals op hierdie album gee my omtrent elke 4 minute hoendervleis tot op my kopvel.

So vat jou vakansiegeld, hardloop dadelik na jou naaste musiek winkel en koop hierdie cd vir jou. Want dit is great.

 

- Gerik is ’n JJ

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur