10 MOET-LEES VAKANSIEBOEKE Liandri Pretorius
2012-12-20 05:00
Thinkstock

10 moet-lees vakansieboeke

Beroep op alle boekwurms: Híér is tien boeke wat jou oor die vakansie besig kan hou. Of jy nou hou van ’n speurverhaal, fiksie, biografieë of Afrikaans of Engels verkies, daar is iets vir elkeen!

1.    In Cold Blood – Truman Capote
’n Ware verhaal van ’n gesin wat in die 1950’s in Kansas vermoor is. Capote rekonstrueer die gebeure voor die moord, tot op die punt waar die skuldiges in die tronk is.

2.    Prep – Curtis Sittenfeld
Hierdie een is vir die meisies. Lee Fiora gaan vir die eeste keer kosskool toe en die verhaal volg al die interessante dinge wat met haar en haar vriende gebeur. Dis amper soos Spud, maar vir meisies.

3.    Nancy Drew Mystery Stories – Carol Keene
‘An oldie but a goodie’. As jy hou van speurverhale en die nuuskierige tipe is, sal jy aanklank vind by Nancy Drew, ’n karakter wat vir die eerste keer in die 1930’s haar verskyning gemaak het.

4.    Griet Skryf ? Sprokie – Marita van der Vyver
Perfek vir dagdromers en aspirant-skrywers. Griet moet weer haar lewe regruk na haar man haar los en skryf sprokies om haar daardeur te help. Klink dalk somber, maar die situasies waarin Griet haarself begewe is skreeusnaaks.

5.    The Vampire Diaries – L.J. Smith
As jy mal is oor die reeks, sal jy van die boeke ook hou.

6.    The Shining – Stephen King
Hierdie boek is vir dié van julle wat van bangmaak-boeke hou.

7.    The Alchemist – Paulo Coelho
Dié blitsverkoper gaan oor ’n skaapwagter wat op ’n soektog is na ’n skat. Dit hou egter soos meeste van Coelho se boeke, ’n dieper betekenis en lewensles in.

8.    The Picture of Dorian Gray – Oscar Wilde
Moet nie mislei word deur die onindrukwekkende 2009-fliekweergawe van hierdie 1890-boek nie. The Picture of Dorian Gray is dalk Wilde se enigste bekende boek, maar dit is ’n literêre meesterstuk. Dit is perfek vir dié van julle wat so bietjie dieper dink oor die lewe.

9.    The Stranger – Albert Camus
Wees gewaarsku, hierdie boek is nie ligte leesstof vir die strand nie. Dit gaan oor ’n man wat betrokke raak by ? sinnelose moord en dan in die tronk beland. Camus was joernalis sowel as filosoof, so dit is goed geskryf en die leser kry baie om oor na te dink.

10.    Eat, Pray, Love – Elizabeth Gilbert
Eat, Pray, Love was een van die boeke wat destyds deel was van Oprah se boekklub. As jy al die fliek of voorprente gesien het, sal jy weet dat dit gaan oor ’n vrou wat na Italië, Indië en Indonesië reis om haarself “te vind.”

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur