GANGNAM STYLE SMILE Gerik Slabbert
2012-12-19 05:00

Gangnam Style Smile

So ek het besluit om hierdie artikel te skryf voor die hele gangnam-style ‘frenzy’ oorwaai... Ek hou daarvan - ek is mal oor die song en die video, en ek het die wêreld se respek vir die sanger. Daar is baie mense wat nie daarvan hou nie en ek noem daai mense 'boring'.

Maar moet my nie misverstaan nie. My lewe is hectic deesdae... leerlingraad kamp en jeugberaad en sokkies reël en seremoniemeester wees en toetsreekse en take en huiswerk ensovoorts.

So in my insane lewe wat partykeer nie lekker is nie, wat vol debatte en redenasies en konflik is het ek lief geraak vir Gangnam Style.

Dit is ’n lig wat begin skyn het in ’n donker gat wat ek tienerlewe noem. Die wêreld kan partykeer nie so great plek wees nie en ek is altyd dankbaar vir ’n ou soos PSY, my Koreaanse held wat mense wat soos ek voel laat glimlag of giggel en laat uitbars van die lag.

So vir jou sê ek dankie dat jy ons elke nou en dan laat smile ten spyte van al die slegte goed wat nou en dan in mense se lewens gebeur.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur