TOP 5 DIY-WEBTUISTES Liandri Pretorius
2012-12-19 05:00
Thinkstock

Top 5 DIY-webtuistes

As jy nie dié vakansie weggaan nie, is die idees op hierdie webwerwe perfek om jou besig te hou.

Brooklyn Limestone

www.brooklynlimestone.com

Brooklyn Limestone is ’n blog wat geskryf word deur ’n vrou wat in Brooklyn, New York woon. Die blog gaan oor al die DIY-projekte wat sy al aangepak het om haar huis op te kikker. Sy wys stap vir stap hoe sy kamers en laaikaste opgekikker het en sy het selfs goeie idees vir geskenke. Sy verduidelik ook hoe jy vintage T-hemde kan gebruik om kussingslope te maak.

 

DIY Network

http://www.diynetwork.com/

Híér sal jy advies vind vir elke kamer in jou huis. Hulle het video’s en foto’s wat vir jou eenvoudige maniere verduidelik oor hoe om goed in en rondom die huis op te knap. Daar is veral goeie idees vir kersversierings.


Instructables

http://www.instructables.com/

Hierdie webtuiste is perfek as jy interaktief wil wees. Wanneer jy aan jou DIY-projek begin werk, kan jy foto’s oplaai van hoe dit voorheen gelyk het. Dan voeg jy instruksies en foto’s  by van hoe die eindproduk lyk. Jy kan ook video’s op die webtuiste laai. Jy sal op die vreemdste dinge afkom, soos ’n “pocket scarf” wat uit denim gemaak is en twee sakke onder aan die punte van die serp het.


Green Upgrader

http://greenupgrader.com/category/diy-green/

Op dié webtuistes sal jy inspirasie vind om groener te lewe. Hulle het talle idees om dinge te herwin en dit weer te gebruik.

 

Craftzine

http://planetgreen.discovery.com/home-garden/diy-projects-websites.html

As jy daarvan hou om juweliersware en klere te maak, is hierdie webtuiste vir jou. Mense laai foto’s van hulle projekte op die webtuiste en jy kan so dan ook jou eie hangertjies en kopbande maak. Jy sal nie glo hoeveel gebruike daar vir knope is nie - van ringe tot armbande.

 

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur