ANDERS VIR HUL SKEPPER Mart-Marié van den Berg
2012-12-18 05:00

Lindi en Wynand van Anders

ANDERS vir hul Skepper

Die band, ANDERS, se nuwe video laat jou sommer wens dat jy ook in die veld kan rondhardloop saam met jou ou of meisie. “Mooi vir my” is ’n love-song op die nuwe anders album wat in Februarie 2013 verskyn.

JIP het meer gaan uitvind oor die manne, en meisie, van ANDERS.

Vertel ons meer oor die band se agtergrond 

Wynand en Lindi het begin uitgaan toe hulle 17 was, later getrou en nog al die tyd saam musiek gemaak! Ons het al vroeg saam met Jason Moser en Rixi Roman begin werk aan ander projekte, en het dadelik geweet dat ons vier saam ’n goeie span maak.

Wanneer is jul eerste cd uitgereik, en wanneer kan ons die ander verwag?

Ons heel eerste cd het al uitgekom toe ons nog baie jonk was (19), en Desember maak ons die nuutste ene klaar. Hy sal so teen Februarie 2013 beskikbaar wees. "Mooi vir my" is een van die liedjies wat op die cd gaan wees.

Hoekom die naam "Anders"?

Anders, is die woord wat beskryf wie ons is...hoe ons wil lewe, en hoe ons musiek klink. Ons wil nie dieselfde lewe as almal daar buite nie, ons wil ’n goeie voorbeeld wees vir jongmense deur ons lewens en ons musiek. 

Wat is die snaaksste ding wat al tydens ’n optrede gebeur het?

Daar is nogal baie! Ons het eenkeer in ’n kerk gespeel waar 'n tannie bietjie te opgewonde geraak het...sy het haar rok vasgetrap en reg vooroor geval. Wynand moes ophou sing soos wat hy gelag het.

Julle sing hoofsaaklik gospel, hoekom die skuif na sekulêre musiek?

Persoonlik dink ons nie dat musiek in ’n boks gepak moet word nie. As ’n Christen, moet alles wat jy doen tot eer van God wees. Of ons nou ’n "gospel" liedjie sing, en of ons ’n love song sing...dis alles vir God op die ou einde! 

Ander projekte waarmee julle besig is?

Op die stadium werk ons ekstra hard aan die nuwe ANDERS! 

Vertel ons een ding van elkeen van die band members wat hulle uniek maak.

Jason is ’n monster op die dromme, jy hoef nie ure in die studio met hom te spandeer nie. Rixi hou daarvan om van ritme af te dans voor ’n gig. Wynand maak die ongelooflikste lekker kos en Lindi skryf liedjies sonder om enige instrumente te gebruik...sy hoor als in haar kop...

Kyk na ANDERS se video, Mooi vir My, op JIP se webwerf: http://www.jip.co.za/264/media/video/

Vir meer inligting oor ANDERS:

www.twitter.com/anders_orkes

www.facebook.com/andersorkes

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur