VOOR JY ’N GAP-JAAR VAT… Liandri Pretorius
2012-12-17 05:00
Thinkstock

Voor jy ’n gap-jaar vat…

Jy is dalk nog nie hééltemal seker wat jy na skool wil doen nie, maar jou ouers is nie mal oor die idee dat jy tyd af vat om te besluit wat jy met die res van jou lewe wil doen nie. Is ? gap-jaar vir jou of moet jy eerder ’n ander rigting inslaan?

Macca Sherifi, die reisredakteur van gapyear.com, meen daar is ’n paar vrae wat jy jouself eers moet vra voor jy besluit om ’n jaar af te vat.
“Dit is belangrik om te verstaan hoekom jy ’n jaar af wil vat,” sê sy. Is dit om die wêreld te sien, om werkservaring op te doen of om vrywillige diens te doen en bietjie lewenservaring te kry? Wanneer jy weet hoekom jy ’n gap-jaar wil vat, sal die beplanning daarvan baie makliker wees.

Sherifi sê die beste tyd om ’n gap-jaar te vat, is wanneer jy weet jy sal elke sekonde daarvan geniet.
“Mense vat ’n jaar af voor hulle universiteit toe gaan, na universiteit, tussen verhoudings, tussen werk en na hulle afgetree het, so daar is regtig nie ’n slegte tyd om ’n gap-jaar te vat nie.”

Om ’n gap-jaar te vat en bietjie ervaring te kry, kan goed lyk op jou CV.
“Om ’n gap-jaar te vat word nou gesien as ’n manier om jou CV te verbeter en die relevante ondervinding op te doen.” Sherifi sê werkgewers neem aktief mense indiens wat ’n gap-jaar gevat het. Sy sê dat ? gap-jaar daaroor gaan dat jy die lewe voluit geniet en ’n nuwe uitkyk op die lewe kry.

Sy meen dat Suidoos-Asië en Suid-Amerika populêre bestemmings is vir mense wat ’n jaar af vat.
“Die Full Moon Party in Thailand is steeds een van die beste partytjies in die wêreld.” Jy kan selfs met jou fiets op die Death Road in Peru ry.
 
Vir meer inligting oor verskillende opsies en ook advies vir ‘n gap-jaar, besoek www.gapyear.com

Doen ook ons ‘quiz’ om te sien of ’n gap-jaar vir jou is:


Hoekom wil jy ’n gap-jaar vat?
a.    Om van my omstandighede te ontsnap (0)
b.    Om ervaring op te doen (1)
c.    Om te reis (1)

Wat gaan jy ná jou gap-jaar doen?
a.    Weet nie (0)
b.    Aansoek doen om aan ’n universiteit te gaan swot (2)
c.    Aansoek doen vir ’n pos wat inskakel met wat ek in my gap-jaar gedoen het (2)
d.    Ek hoop die gap-jaar sal my help besluit (1)


Kan jy dit bekostig om ’n jaar af te vat?
a.    Nie regtig nie (0)
b.    My ouers is bereid om my finansieel te help met my reiskostes (1)
c.    Ek sal oorsee werk om my kostes te dek (2)

Is jy selfstandig genoeg om alleen in ’n vreemde land reg te kom?
a.    Ek dink nie so nie (0)
b.    Ja, ek is onafhanklik en gaan maklik kan aanpas (2)
c.    Ek gaan saam met ’n vriend/vriendin, ons kan mekaar help (1)

Puntetelling:
As jy minder as 4 punte het, moet jy dalk nie nou al ’n gap-jaar vat nie.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur