VOLGENDE JAAR WIL EK... Lizelle Pistorius
2012-12-10 01:00

Liewe Jipper, die jaar is amper verby, en dis amper weer tyd vir daardie onderwerp waaroor almal aan die begin van elke jaar praat en dan nooit weer noem nie.

Ja, jou Nuwejaarsvoornemens. Ek het al so baie gehad, maar so min suksesvol deurgevoer!

Elke jaar sê ek: “Dié jaar gaan ek baie hard oefen en ’n bikini-lyfie kry in ’n kwessie van drie maande!”

Ja, right. Hier sit ek steeds ’n jaar later op die bank met ’n pak kaaskrulle, ’n Aero-sjokoladestafie en ’n glas Coke.

Ek dink my Nuwejaarsvoornemens sal volgende jaar net moet wees om die vorige jaar s’n actually uit te voer.

Of dalk om net ’n slag meer realistiese voornemens aan myself te stel. (Wie gaan in elk geval in die kwessie van ’n jaar ’n nuwe taal kan aanleer?)

Daarom het ek ’n lys gemaak van taamlik eenvoudige voornemens wat ek glo enigiemand met min inspanning kan regkry teen die einde van 2013:

- In plaas daarvan om gewig te probeer verloor, sit genoeg aan om ’n kandidaat vir The Biggest Loser te wees.

- Luister as ’n tydskrif jou aanspoor om kalorieë te verbrand deur (die laaste blokkie) sjokolade op die vuur te gooi. Kyk minder televisie...ná twaalf in die nag.

- Unfriend almal op Facebook wat steeds dink jy wil met hulle Farmville, Fishville of enige ander “ville” speel. Kan hulle nie sien ek ville nie saamspeel nie?

- Loop meer kaalvoet, word vuil en swem in die see asof jy ’n klein kind is wat nie omgee in watter rigting jou hare staan nie. WAARSKUWING: Meisie, as jy dit wil doen, onthou om altyd, en ek bedoel altyd, seker te maak jou swembroektoppie is aan jou lyf wanneer jy weer opkom en nie langs jou in die water nie...

- Ek sal hierdie jaar meer poetse bak, soos om ’n leë mayonnaisebakkie te was, vanieljeroomys daarin te skep en dit in die openbaar met ’n lepel te eet. Of trek ’n T-hemp aan wat sê “life” en deel suurlemoene uit.

- Glimlag vir ’n vreemdeling. Moet dit net nie oordryf nie, want dis creepy.

Daarsy, Jippers, ek daag julle uit om in 2013 haalbare doelwitte te stel sodat julle ’n slag kan sê: “Yes, ek het iets bereik!”

Maar hou vir eers lekker vakansie.

Oor en uit.

- Lizelle was vanjaar in matriek. Dit is haar laaste rubriek as JJ.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur