ALLES IS MOONTLIK VIR 2ND LIFE Mia Spies
2012-12-12 05:00

Alles is moontlik vir 2nd Life

Die groep 2nd Life se jongste CD Everything is possible is nie net veelsydig nie maar ? unieke en kreatiewe toevoeging tot die reeds stampvol plaaslike musiekbedryf.

 Dit is duidelik dat die sanger en liedjieskrywer Gerrit Bonzaier, en sy groep by die naam van die CD gehou het en gewys dat dit moontlik is om soveel verskillende genres saam te vleg en met die lekker luister eindproduk vorendag te kom.

Pop, Moderne Rock en Raggae-klanke kan duidelik deur die Everything is possible gehoor word. Die verskeidenheid maak dit maklik om die CD van voor tot agter deur te luister, en voordat jy jou oë kan uitvee jou voet op die melodie van die kitaar te tik, die woorde te ken en daarna uit volle bors saam te sing.

 

Al die verskillende genres word egter saam gebind met die unieke lirieke – baie uit Gerrit se pen. Die groep wat deesdae in Pretoria woon het ook hul eie stempel op die Fleetwood Mac-treffer Go Your own way afgedruk, wat sonder twyfel ? gunsteling onder die skares gaan wees.

Breathing, Rescue me en Fly away is van die lekker luister liedjies wat ? duidelike boodskap oordra, terwyl die liedjie 2011 ? lekker kuier atmosfeer by ? geselligheid sal skep.

Die positiewe boodskap in talle van die liedjies is ook soos ? vars briesie en die CD sal die gemoed in een luister kan lig.

Die CD gee beslis met die lirieke ? persoonlike kykie in hul lewens  en stel daarmee saam nog boonop hul vaardighede met hul instrumente ten toon.

Beslis ? tweede luister werd.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur