DIE LITNET SKRYFNET AANLYN-POËSIESLYPSKOOL 2013 ...
2012-12-11 05:00
Thinkstock

Die LitNet SkryfNet aanlyn-poësieslypskool 2013

Leer die kuns van gedigteskryf by twee bekende digters

LitNet bied in 2013 aan vyf hoërskoolleerders die geleentheid om hul skryfvaardighede te slyp met die hulp van twee bekende digters. Danie Marais en Jasper van Zyl sal terugvoer en raad gee om deelnemers te help om hul skryfwerk te verbeter in ‘n slypskool wat geheel en al in die kuberruim plaasvind!

In hierdie slypskool sal Jasper en Danie jong skrywers wys waarna om op te let wanneer hulle gedigte skryf en hoe mens gedigte kan afrond sodat hulle werklik uitstaan.

Jasper was self ’n hoërskoolleerder toe sy eerste gedigte in Nuwe Stemme 3 gepubliseer is en ken die waarde van opbouende kritiek: “As jy vir ’n wyer gehoor wil skryf, moet jy bereid wees om krities na jou eie werk te kyk.”

Vir almal wat daarvan droom om die volgende Antjie Krog of Breyten Breytenbach te word, is hierdie die perfekte geleentheid om vaardighede aan te leer wat hul groeiproses as skrywer sal versnel.

Alle leerders wat in 2013 in graad 10, 11 of 12 is, kan aansoek doen om aan hierdie unieke slypskool deel te neem.

Stuur jou vyf beste gedigte en ’n aansoekvorm aan die LitNet-span by skryfnet@litnet.co.za. Aansoekvorms is beskikbaar by www.litnet.co.za of kan aangevra word deur ’n e-pos te stuur aan skryfnet@litnet.co.za. Aansoeke sluit 31 Januarie 2013. Die vyf gelukkige deelnemers sal vroeg in Februarie in kennis gestel word.

Inligting oor die reëls en koste verbonde aan die slypskool is beskikbaar by www.litnet.co.za.

SkryfNet word ondersteun deur die LW Hiemstra Trust en onderskryf deur LitNet Akademies Kuberklas.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur