BEGIN JOU EIE BLOG Liandri Pretorius
2012-12-11 10:00

Begin jou eie blog

’n Blog kan jou lewensverhaal vertel, ’n aanlyn dagboek wees, of selfs net foto’s of resepte met ander mense deel. As jy nie seker is hoe of hoekom om 'n blog te begin nie, kan jy ons kitsgids raadpleeg.

Hoe begin ek ’n blog?


Daar is talle webwerwe waarvan jy gebruik kan maak. Jy volg eenvoudig die stappe op die skerm en dan kan jy jou eerste artikels, foto’s, ens. begin oplaai. Jy kan ook jou blog ontwerp volgens jou smaak deur die skrif, kleur en uitleg te verander.

Kyk na die volgende ‘blog-hosts’ wat dit vir jou maklik maak om te blog:
www.wordpress.com
www.blogger.com

Hoekom moet ek blog?


’n Blog is nie net noodwendig ’n aanlynweergawe van ’n dagboek nie. Jy kan ’n blog gebruik om basies enigiets met ’n aanlyn-gemeenskap te deel. As jy ’n skrywer of digter is, kan jy jou werk so publiseer. As jy dalk eerder in fotografie belangstel, kan jy só blootstelling vir jou werk kry.

As jy goed is en jou blog is gewild, kan jy selfs mense kry wat jou betaal om te blog. Daar is natuurlik ook spesifieke webwerwe vir wie jy kan skryf wat jou sal betaal om te blog.

Is dit voordelig om te blog?


Dit is beslis ’n voordelige manier om jou naam daar buite te kry. As jy iemand is wat blootstelling vir jou werk wil kry, is dit ’n effektiewe en pret manier om dit te doen. Jy kan jou sosiale media profiele ‘link’ met jpou blog sodat  jou kontakte na jou blog gelei word.

Natuurlik kan dit ook soos enige sosiale medium, vir jou probleme inhou as jy goed publiseer wat mense affronteer. Jy kan egter darem posts verwyder waaroor jy later nie meer so seker is nie.

Happy blogging!

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur