SWD-AFRIGTER POSITIEF OOR SPAN SE KANS OP POTCH Kobus Pretorius
2012-12-03 01:00

Stephan Gouws, veelsydige speler van die SWD se o.19-krieketspan.

GEORGE. Die afrigter van die SWD se o.19-krieketspan, Johan Weyers, is baie positief oor sy span se kanse op goed te vaar in die Coca-Cola Khaya Majola-krieketweek, wat van 16 tot 21 Desember op Potchefstroom gehou word.

Weyers, tans ook die bestuurder van amateurkrieket in die SWD, het ook as kaptein en bouler in die Suid-Kaapse span uitgeblink.

Hy het die afgelope week aan JIP gesê: “Ons beskik oor ’n algeheel gebalanseerde span, wat op enige dag goeie krieket kan opdis.

“Ons is nie ’n span vol individuele sterre nie. Ons is ’n eenheid en weet wat ons kan vermag as ons tot ons volle potensiaal speel.”

Volgens Weyers sien die spelers baie uit na die krieketweek en behoort hulle goeie rekenskap van hulself te gee.

“Die voorbereiding van die span verloop baie goed, en ’n kamp sal op 5 en 6 Desember op Knysna plaasvind,” het hy gesê.

Die twee hulpafrigters, Dave Pryke (’n voormalige Natal- en Noordwes-speler) en Jacques van Aswegen, dra veel by tot die span se voorbereiding.

Spelers in die SWD-span om dop te hou is die kaptein, Ruan Stander, asook die bybreekbouler Lance Roelfse. Weyers het gesê Roelfse is een van die beter draaibalboulers wat in die week in aksie sal wees.

Stephan Gouws is nog ’n goeie veelsydige speler wat aandag verdien. Hy is ’n linkerarm-medium-snelbouler en kolf in die middelorde.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur

Naam

2012-12-17 13:23

Kommentaar