PLEK VAN KAPTEINS Kobus Pretorius
2012-11-26 01:00

KAAPSTAD. Die Seunskool Wynberg, die alma mater van internasionale krieketsterre soos Jacques Kallis en Allan Lamb, is duidelik ’n kweekplek van krieketkapteins.

Met die onlangse benoeming van David Bedingham as die kaptein van die WP se o.19-span wat aanstaande maand in Potchefstroom aan die Coca-Cola Khaya Majola-week gaan deelneem, het hy die sesde Wynberger binne die bestek van nege jaar geword wat hierdie eer te beurt geval het.

David se voorgangers om die WP se o.19-span aan te voer was:

- 2010: Chad Fortune;

- 2008: Geoff Dodds;

- 2007: Dalin Oliver;

- 2005: Richard Levy; en

- 2004: Dominic Telo.

Fortune is ná ’n besoek aan KwaZulu-Natal se Dolfyne tans in die WP se amateuroefengroep, terwyl Dodds en Telo lede van die Kaapstad-klub is. Dodds is kaptein van die klub se eerste span in die WP se eerste liga sekerlik die jongste aanvoerder van ’n topklub in die WP.

Levy het al ’n draai by die Proteas gaan maak en is ’n gereelde lid van die Kaapse Kobras.

Oliver speel tans vir die St Augustine-klub in die WP en het intussen ’n komediant geword. Hy sal glo binnekort oor die radio en waarskynlik ook op televisie verskyn as komediant.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur