RONDEBOSCH DEUR NA T20-HALFEINDRONDE Kobus Pretorius
2012-11-26 01:00

KAAPSTAD. Die Hoër Seunskool Rondebosch, die WP se verdedigende kampioen, het verlede week met sy oorwinning oor Reddam Constantia sy plek in die halfeindronde van die Kapenaars se Coca-Cola twintig20-uitklopkompetisie verseker.

Rondebosch kom nou in Januarie teen SACS te staan, terwyl die HSS Wynberg en die WP-klub sake in die ander halfeindstryd sal uitspook.

In die Boland is alle wedstryde in dié kompetisie tot die aanvang van die kwarteindronde afgehandel. Die loting vir ’n plek in die halfeindronde is: Worcester Gimnasium t. die HJS Paarl, New Orleans t. Paarl Gimnasium, Dirkie Uys t. die Landbouskool Boland, die HS Stellenbosch t. Paul Roos.

Die wedstryde word op 23 Januarie gespeel.

Die topspanne van die WP en die Boland sal vroeg in Februarie kragte meet om die Wes-Kaapse verteenwoordiger te bepaal wat later in dieselfde maand op Stellenbosch op ’n rondomtaliegrondslag aan die nasionale eindronde sal deelneem.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur