JIPPER VAN DIE WEEK: STIAN NIEUWOUDT ...
2012-11-26 01:00

Stian Nieuwoudt is ’n gr.12-leerder aan die Hoërskool Parel Vallei.

Ek sien baie daarna uit om volgende jaar medies aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Die beste ding van matriek was al die groot gesellighede en geleenthede wat ek bygewoon het.

My raad aan die hoofleiers van 2013 is dat jy nie bang moet wees om ’n unieke leier te wees nie. Niemand word onthou omdat hulle dieselfde as iemand anders was nie.

The Avengers was vir my die fliek van die jaar. Ek neem aan ’n liedjie van One Direction was seker die liedjie van die jaar, maar hulle is nou nie juis my smaak nie.

My gunsteling- voorgeskrewe boek gedurende my skoolloopbaan was Animal Farm deur George Orwell. Die karakterisering in die boek is baie slim uitgewerk!

As ek deel van ’n band kon wees, sou ek graag ’n lid van Linkin Park wou wees. Hulle is net ongelooflik!

Iets wat my opgeval het van oorsese tieners toe ek by die leierskapskonferensie in Washington DC was, is dat hul wêreldkennis van ons s’n verskil. Hul media beïnvloed hulle op ’n ander manier.

Raad wat ek oor die stakings wil gee: Albei partye moet mekaar se omstandighede en standpunte respekteer. As albei partye begrip toon vir hul verskille sal hulle nie net dink aan hoe om hulself te bevoordeel nie. Ilke Opperman (JJ)

 

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur