BETOGINGS Rozanne Els
2012-11-26 01:00

Ná die laaste paar maande se stakings en onrus in verskeie gebiede het ons Jippers gevra wat hulle van protesoptogte dink en of hulle ’n beter oplossing het.

Ané van Zyl: “Ek bly in Prince Alfred Hamlet, basies Ceres, en ek dink almal oorreageer ongelooflik erg. Die media help nie juis nie, en ek voel soos die enigste een wat vertrou dat die polisie sy werk sal doen.”

Natasja van der Merwe: “Hulle skiet hulself net in die voet.”

Heinrich Hattingh: “Ek is ten gunste van die betogers. Dis after all as gevolg van al hulle harde werk dat die ou wat terugsit en vergaderings bywoon sy moewiese salaris kan kry. Gee hulle wat hulle VERDIEN!!”

Georgia de Castro: “Die president moet die mense onder beheer kry! Kan hulle nie staak sonder om skade aan te rig aan iets wat nie hulle s’n is nie? Die polisie doen net hulle werk.”

Deon van der Merwe: “Hulle moan oor hul lone, maar wie betaal hul huise, krag en water vir hulle? Belaglik, man! Ongelukkig kan ’n mens nou nie alles in die lewe kry nie die lewe is onregverdig. Gaan soek dus vir ’n beter werk! En moenie met die nonsens kom van hulle het nie geld gehad vir skool en what what nie! Daar is duisende skole wat gratis onderrig verskaf, en dit is tog ’n reg van elke individu!”

Daniel Malan: “Heinrich, dit werk nie so nie. As jy nie enige opvoeding of opleiding het nie, moet jy die minimum loon aanvaar, dis waarvoor dit daar is. Jy kan nie net aanspraak maak op ’n verdubbeling van jou salaris as jy nie eens probeer om jouself beter te kwalifiseer nie.”

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur