3 TIENERS, MUSIEK EN ’N DROOM riette.grobler
2012-11-26 21:18
Justine Edwards

band uit Knysna, is David Vermeulen, ­Lindi van Blerk en ­Gabriel Buchalter.sdfFoto: justine edwards

‘Nee, dis reg, ek is wakker.”
Só sê David Vermeulen (18) van die groep Dividable Grand, nog so half-wakker-aan-die slaap op ’n Saterdag om 09:00 toe ek hom bel vir ’n geselsie.
Grand is ’n trio wat bestaan uit David as voorsanger, Gabriel Buchalter (18) as baskitaarspeler en Lindi van Blerk (17) as trom- en perkussiespeler.
Die groep se naam klink asof ’n groot ou vleuelklavier in die helfte deurgesny is.
“Nee, eintlik nie. Dit is ’n samevoeging van letters van Gabriel en David,” vertel David.
“Ons is regtig ernstig oor ons musiek en doen dit nou heeltyds. Ons moes ’n besluit neem: Gaan ons skool of gaan ons musiek maak?” sê David.
“Daarom kan ek nie net vanoggend lê nie, maar elke dag tot omtrent 12:00 slaap. Dan kan ons heeldag oefen, of twéé keer per dag as ons wil.”

Lees en luister meer...
Facebook: http://www.facebook.com/dividablegrand
Twitter: @dividablegrand
Webblad: www.dividablegrand.com
Luister na 3 snitte by http://soundcloud.com/dividablegrand/tracks

Dis ’n meisie daai!

David en sy band-lede het elk hul eie, unieke, persoonlikheid. Hy beskryf homself as die al- leenloper. Gabriel wil nog pret hê, en Lindi is die partytjiedier.
“So skaaf en begeester ons mekaar,” sê David.
Die enigste lid van die band wat nog met skool besig is, is Lindi, wat tuisonderrig doen.
Dis nie aldag dat ’n band ’n meisie voor die tromme het nie.
“Ja, mense is snaaks; hulle is aanvanklik skepties oor haar spel, totdat hulle dit sien. Dan sing hulle ’n ander deuntjie.”
Volgens Lindi was sy een dag, ’n paar jaar gelede, baie verveeld op ’n vergadering.
“Om die verveling te verlig, het iemand my ’n standaard-groove op die tromme geleer, en ek het dit ge-dig. Ek speel van toe af.”

 Wie’s daai band op die radio?

Die groep het in ’n kort tyd al taamlike sukses behaal.
“Ek glo dis oor ons so baie tyd en fokus in ons musiek sit,” sê David.
“Ons verskil van ander tieners omdat ons nie skoolgaan nie. Maar ek partytjie ook nie regtig nie.
"Ons maak ook musiek vir ’n ouer gehoor.”
Al drie lede het met musiek grootgeword, maar het uiteenlopende musieksmaak.
“Ek en Gabriel is maar lief vir die Beatles en White Stripes. Sodra Lindi haar punk rock wil opsit, trek ons die streep. Die middeweg vir ons almal is dan Coldplay,” skerts hy.
Dividable Grand se eerste 10-snit-album, The Buzz, is onlangs uitgereik.
Dis ’n rockalbum waarop die kombinasie van David en Gabriel se stemme goed saamwerk om slaankrag aan die musiek te gee.
Die snit “Puzzling Me” speel tans op Kfm en RSG.
“Natuurlik is dit ’n verrassing. Maar as ons nie op die radio was nie, sou ek my ook nie te veel daaraan gesteur het nie. Nie alle radiostasies speel altyd die beste musiek nie,” sê hy laggend.

Leer die 'band' beter ken
Vir ons is musiek die lewe, die heelal en alles.
Die geheim tot sukses in die musiekbedryf is steeds ’n geheim op die oomblik. Ons sal oor so ’n paar maande na julle terugkom!
Ons gunstelingliedjie van alle tye verander heeltyd. Op die oomblik is dit “Maybe I’m Amazed” van Paul McCartney. Lindi kan nie besluit nie.
As ons saam met ’n bekende band kon optree, sou dit Coldplay wees. Hulle is net awesomely awesome. En kleurvol. Baie awesomely kleurvol.
Ons dink aan skool as die verre verlede.
Ons gunsteling-lekkergoed is sjokolade. Gooi ’n sjokolade tussen ons en kyk hoe ons baklei!
Om op Knysna te woon, voel 'kinda' normaal, want dit is, wel, normaal. As ons nie besig is om te jam nie, hou ons van perdry. Lindi surf en ek (David) nié. Dis baie ontspanne!

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur