MAAK DIT MAKLIK IN 2013 Lizelle Pistorius
2012-11-26 01:00

Liewe Jipper, die jaar is amper verby en dis amper weer tyd vir daai onderwerp waaroor almal aan die begin van elke jaar praat en dan nooit weer noem nie.

Ja, jou nuwejaarsvoornemens. Ek het al so baie gehad, maar so min al suksesvol deurgevoer!

Elke jaar sê ek: “Dié jaar gaan ek baie hard oefen en ’n bikinilyfie kry in ’n kwessie van drie maande!”

Ja, right. Hier sit ek steeds ’n jaar later op die bank met ’n pak kaaskrulle, ’n Aero-sjokolade en ’n glas Coke.

Ek dink my nuwejaarsvoornemens sal volgende jaar net moet wees om die vorige jaar s’n actually uit te voer.

Of dalk om net vir ’n slag meer realistiese voornemens aan myself te stel (wie gaan in elk geval in die kwessie van ’n jaar ’n nuwe taal kan aanleer?).

Daarom het ek ’n lys gemaak van redelik eenvoudige voornemens wat ek glo enigiemand met min inspanning kan regkry teen die einde van 2013.

- In plaas daarvan om gewig te probeer verloor, tel genoeg op om ’n kandidaat vir The Biggest Loser te wees.

- Luister as ’n tydskrif jou aanspoor om kalorieë te verbrand deur (die laaste blokkie) sjokolade op die vuur te gooi.)Kyk minder televisie...ná twaalf die aand.

- Unfriend almal op Facebook wat steeds dink jy wil met hulle Farmville, Fishville of enige ander “ville” speel. Kan hulle nie sien ek ville nie saamspeel nie?

- Speel meer kaalvoet, word vuil en swem in die see asof jy ’n klein seuntjie is wat nie omgee in watter rigting jou hare staan nie. WAARSKUWING: Meisie, as jy dit wil doen, onthou om altyd, en ek bedoel altyd, seker te maak jou swembroektoppie is aan jou lyf wanneer jy weer opkom en nie langs jou in die water nie...

- Ek sal meer poetse bak hierdie jaar, soos om ’n leë mayonnaisebakkie te was, vanieljeroomys daarin te skep en dit in die openbaar met ’n lepel te eet. Of trek ’n T-hemp aan wat sê “life” en deel lemoene uit.

- Glimlag vir ’n vreemdeling. Moet dit net nie oordoen nie, want dis creepy.

Daarsy Jippers, ek daag julle uit om haalbare doelwitte te stel in 2013 sodat jy vir ’n slag kan sê “yes, ek het iets bereik!”.

Hou vir eers lekker vakansie. Oor en uit.

- Lizelle is in gr.12. Dit is haar laaste rubriek as JJ.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur