TATOEËERMERKE: YAY OF NAY? Liandri Pretorius
2012-11-13 01:00
Thinkstock

Is 'n tattoo deel van jou planne?
Tatoeëermerke: Yay of nay?
Net gekke en dwase skryf op mure en glase? Dalk níé. JIP het gaan uitvind wat tieners dink oor tatoeëermerke en of hulle self een (of meer) sal kry.
“Ek persoonlik het nie tattoos nie, maar ek is van plan om Desember een te kry. Ek sien dit so - my liggaam is ? dagboek en eendag sal al my tattoos ? storie vertel.” Ulrich Zimmermann (21)
“My opinie daaroor sal ‘ja’ én ‘nee’ wees. As ? tattoo ? belangrike betekenis het sal ek sê dit is reg, maar dit moet iets wees wat jou persoonlikheid uitbeeld. ‘Nee,’ as jy dit net doen om ‘in’ te wees of goed wat nie ? betekenis dra nie, dan sal ek sê dit is verkeerd.” Rheino Stoltz (16)
“Vir my is tattoos nie sleg nie. Mense sit tattoos op omdat dit hulle aan iemand laat dink of dis hoe hul hulle persoonlikheid uitbeeld.” Rochelle Lombard (20)
“Tattoos is vir my cool, dis ? manier om ? statement te maak. My liggaam is ? tempel en ek verf net die mure.” Waldo Scholtz (16)
“Ek dink dit sê baie as jy bereid is om deur die pyn te gaan om iets wat vir jou belangrik is, permanent op jou vel te graveer, maar daar is niks meer walglik as ? trampstamp nie. Mense wat ? werk wil verower waar voorkoms ? groot rol speel, moet ? tattoo kry waar dit nie sigbaar is nie.” Mignon Peens (20)
“Ek het ? klein tattoo op my lae-rug gekry toe ek 15 was en vandag is ek nie spyt nie. Dit pla my nie regtig nie omdat ek dit nie elke dag kan sien nie. Die Bybel sê dat ? mens niks aan jou liggaam mag verander nie, soms dink ek tattoos mag dalk verkeerd wees, maar wat as ? mens ? kruis of frase van Christenskap op jou tatoeëer? Dit is tog ? teken dat ? mens dit vir altyd saam jou wil dra om te bewys jy nooit sal opgee of twyfel nie. ? Mens se liggaam bly nie verewig nie, net die siel bly en daaraan is tog niks skade aangedoen soos die liggaam met permanente ink nie.” Justien Laast (20)
Vrae om jouself te vra voor jy by die tatoeëersalon instap:
• Is die plek higiënies?
• Het die tatoeëerkunstenaar genoegsame ervaring en ? goeie reputasie?
• Doen ek dit vir die regte redes?
• Gaan ek kan saamleef met my besluit? Sit byvoorbeeld eers ? foto van die tatoeëermerk wat jy op jou lyf wil aanbring op die yskas vir ? paar maande en kyk of jy daarmee verveeld raak.
• Gaan die tatoeëermerk wat jy kies, geskik wees vir die tipe werk waarin jy belangstel of gaan dit sorg dat jy nie eers ? tweede onderhoud kry nie?
• Is dit iets wat jy sal kan verwyder as jy ouer is en dit dalk nie meer wil hê nie?
KOMMENTAAR.
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur
TATOE STOMMITTEIT
2013-02-19 16:33
As jong man het ek die voorreg gehad om saam met 'n persoon, wat toe nie meer so jonk was nie, te werk. Ons was skofwerkers en het in myn toestande gewerk en was dit die gebruik om eers te gaan stort voordat ons huis toe gegaan het.
Die bejaarde het ons trots vertel van die tatoe op sy rug, wat gedoen was in sy jong dae.
Sy hele rug was gebruik vir die kunswerk. 'n American eagle was die uitbeelding wat op sy rug aangebring was. Majestieuse voel waarvan die vlerke van skouer tot skouer gestrek het, die forse kyk van arendsoe so tussen die blaaie en die lyf so om die ruggraat en die kloue laag af net bo die boude.
Helaas, ouderdom het die gevleuelde afbeelding se buitelyne het vervaag, die eens magtige vlerke het gelyk soos 'n natgereende hoender se vlerke wat natgereen is en wat hoender uit hulpeloosheid omhoog hou, die forse arendsoe het gelyk of hul lewensmoeg gesluit is. Die lyf het geluk soos 'n maer geplukte hoender en die sterk kloue weerloos oop en verskrompeld.
Uit respek vir die oom is geen snedige aanmerkings oor die kunswerk op sy rug gemaak nie, maar wees verseker dat die eienaardige hoender arend op sy rug glimlaggende en met vonkelende oe dopgehou is deur die ander skfwerkers.
EN is ek totaal genees van enige voorneme om my lyf te laat gebruik vir 'n kunswerk..
Vader se hy het ons na sy beeld geskape.
Poppie
2012-11-26 13:38
Ek persoonlik dink dit is nie reg nie.
Daar is 'n rede hoekom ons vandag en nog al die jare met die Bybel groot gemaak word.
Soos wat jy gese het, "Net gekke en dwase skryf of mure en glase".
Die Bybel is nie verkeerd nie, God is nie verkeerd nie.
Daar is BAIE ander maniere om jou gevoelens en jou persoonlikheid te toon.
Respek vir jou liggaam is alles, jou ligaam is 'n tempel van God, nie 'n slag offer waarna almal gaan kyk as jy oorlede is een dag nie.
Kyk na jou liggaam, want dit is net geleen vir jou van God af.
Dit is nie joune nie, dit is God s'n wat hy as geskenk vir jou gee om dit met jou persoonlikheid en talente te gebruik om God se woord te verkondig vir die res van die wereld.
Naam
2012-11-26 06:35
Well.
Ek is letterlik soos hulle se met n nat koerant geslaan. Om te se tattoos is vir tronkvoels en misdadigers is bietjie erg. As jy nie mense ken met tattoos nie, moet nie so vinnig oordeel nie. Jy is duidelik on-ingelig en dom astrant.
willem
2012-11-26 00:00
as dit jou aanstoot gee moenie vir dit kyk nie ek het 2 vol sleeves en glad nie spyt nie , en is nog nie klaar nie gaan my rug nou klaar maak my hele lewens verhaal is daar op , cheers willem ! ! ! ! !
Well
2012-11-21 16:33
N Tattoo is vir tronk voels, en misdadigers. waarom will jy he n ander mens moet op jou teken wat so kommen is en wat lyk of hy met n nat koerant geslaan is.
Chrizelda
2012-11-19 18:13
Wel dis defnintief n' Yay want ek (18) het een op my pols en my ou (18) het ook een op sy rug sy tattoo vertel defnintief n' lewenslange storie dis is oor sy oorlede ma..so n' dubbele Yay!!!