WEES TROTS OP JOU LAND Leon van der Vyver
2012-11-12 01:00


Die uitslae van verlede jaar se sensusopname is onlangs bekend gemaak. Daarvolgens deel jy ons land met ongeveer 51 770 559 ander mense  - (min of meer)
almal trotse Suid-Afrikaners.

Wel, ek kan nie sien hoekom jy nié ’n trotse Suid-Afrikaner sal wees nie. Mense brom slegte goed oor ons land, maar ek is hier om vir jou te sê dat ons regtig nie so sleg vaar nie.

Ek praat uit ondervinding – ek was bevoorreg om vroeër vanjaar twee maande in Europa deur te bring. Ek het 15 van die wêreld se top-lande besoek, maar was hulle régtig so wonderlik?

Op die televisie was onlangs ’n advertensie wat my punt bewys: South Africa: Inspiring New Ways. Dit is deur van die bekendste Suid-Afrikaners aangebied.

Die teikenmark: elke liewe inwoner van ons land. Dit begin met bekendes wat vertel hoe hulle aangesê is dat hulle iets nié kan doen nie.

Maar dan hoor ons:

Colin Thornton: “Ek kan hulle verkeerd bewys.”

Godfrey Mokoena: “Ek sal nie terugstaan nie.”

Brian Mitchell: “Moenie Suid-Afrikaners onderskat nie.”

Trevor Noah: “Ons veg gedurig teen ’n oormag.”

John van de Ruit: “Ons moet net partymaal ’n bietjie harder veg om dit klaar te kry.”

Andy Higgins: “Suid-Afrikaners is . . .”

Tebogo Skwambane: “Dapper . . .”

Lucas Radebe: “Hardwerkend . . .”

Colin Thornton: “Suksesvol . . .”

Trevor Noah: “Ons is optimiste.”

Fatima Vawda: “Ons is inspirerend.”

Simon Ratcliffe: “ ’n Mag om mee rekening te hou.”

Greg Minnaar: “Ek dink dit is die Suid-Afrikaner in my wat my laat aanhou veg.”

Toya de Lazy: “Ons dink nie ons kan die wêreld verander nie.”

Trevor Noah: “Ons weet.”


Ons land is al deur baie hoogte- en laagtepunte. Tog staan ons saam as ’n simbool van versoening en hoop. Mense dink ons kan nie, maar ons sál.

Staan dus saam as ’n nasie en maak die res van 2012 én 2013 ’n jaar vir Suid-Afrika. Vir ons.
(Jippers, hierdie is my laaste rubriek vir die jaar.

Ek hoop julle het lekker gelees aan my stories  -  dit was ’n eer om vir julle te skryf.)

Leon is ’n JJ. Hy is in gr. 9.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur

Leon van der Vyver

2012-11-18 17:17

Die kommentaar deur Leon is nie deur my, die skrywer van die rubriek, geskryf nie.

Leon

2012-11-13 10:31

Ek kan verstaan dat n mens moet positief bly en die goeie sien. Word wakker mense boere word vermoor mense breek in en vermoor. Ons land is in so n gemors dit gaan 30 jaar vat voor ons dit weer kan kry op standaard wat ons kqn trots qee op die land. ONS betaal tax deur ons ore en die govwrment spend vir hulle eie privaat lekkerheid terwyl alles van polisie onserwys en die standaaed van die land net slegter raak. Vir my as wit Afrikanee het niks maklik gekom van 1994 af nie en niks het verbeter nie maar versleg.