BLY VEILIG IN DIE KUBERRUIM Riëtte Grobler
2012-11-05 01:00

As jy deel van Generasie Y is, is Facebook en Google soos asemhaal. Die meeste van ons asem egter gereeld vuil, onveilige kuberlug in.

Volgens ’n onlangse ZoneAlert-opname onder 1245 Gen-Y’ers is vermaak en sosiale netwerke vir die meerderheid hoër op die ranglys as aanlynveiligheid. Net 30% het aangedui dat internetveiligheid iets is waaroor hulle hul bekommer. Tog het sowat 50% van dié groep gesê hulle het die afgelope twee jaar probleme ervaar omdat hul rekenaar die teiken van kuberkroeks was.

 

Beskerm jou van kuberaanvalle met dié wenke*:

Onthou die basics. Werk jou rekenaar se beheerstelsels gereeld by. Dit is een van die eenvoudigste maar belangrikste maniere om jou rekenaar te beskerm. Wonder jy waarom jy “ja” moet sê wanneer daardie update-knoppie op jou skerm flits? Omdat die jongste weergawe van sagteware jou rekenaar sal laat loop soos stroop.

Moenie click-happy wees nie. Het jy geweet Google identifiseer daagliks tot sowat 9500 skadelike webwerwe? As Google jou dus oor ’n webwerf waarsku, is dit ’n goeie idee om hom ernstig op te neem. Sorg ook dat jou antivirusprogram en firewall altyd op datum is.

Gee aandag aan die jongste veranderinge op sosiale netwerke. Facebook het onlangs jou default-e-pos-adres na @facebook.com verander. Dit beteken bemarkers en spammers kan jou nou makliker as ooit tevore kontak. Of jy dit nou like of nie, gaan pas die privaatheid-settings op Facebook aan en wees versigtig vir spam of phising scams.

Jou passwords is goud werd. Skep sterk wagwoorde en sluit letters, syfers en simbole in. Langer wagwoorde is veiliger en moeiliker om te ontrafel. Kies unieke wagwoorde vir belangrike webwerwe, soos vir jou e-pos-adres of jou aanlyn-bank-besonderhede, en sorg dat jy vir elke webwerf ’n ander wagwoord het.

Ernstig oor online gaming? Moet dan nie jou veiligheidsagteware ontkoppel nie. Ja, dis lekker om hoëspoed-internettoegang sonder enige onderbrekings te hê, maar nié ten koste van jou rekenaarveiligheid nie. Kies eerder die “Game Mode”-opsie in jou veilgheidsagteware. Dié stelling sal nooit jou Diablo-sessie onderbreek nie én sal jou beskerm.

Beskerm jou teen P2P en sagteware wat ge-pirate is. Die beste oplossing is om nie P2P-webwerwe te gebruik nie en om eerder lêers by die oorspronklike sagteware-ontwikkelaar af te laai.

Kies jou vriende versigtig. As jy op Facebook ’n uitnodiging kry van iemand met wie jy op laerskool laas gepraat het, of iemand wat jy glad nie ken nie, probeer ’n social bot dalk die geleentheid aangryp om in jou netwerk in te hack. Dis wanneer jou persoonlike inligting gebruik word om goed soos spam-e-pos en virusse vir jou vriende te stuur.)Wees op jou hoede as jy video’s aflaai. Laai die jongste video-player af om te keer dat virusse saam met daardie nuwe Katy Perry-video op jou rekenaar beland.

*Wenke saamgestel deur Doros Hadjizenonos, die Suid-Afrikaanse bemarkingsbestuurder van Check Point Software Technologies.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur