STEFAN IS TYGERBERG SE TOP-LEERDER JIP-redaksie
2012-11-05 01:00

Stefan van Wyk

Die Hoërskool Tygerberg het op sy onlangse prysuitdeling ’n paar prestige-toekennings uitgedeel.

Een van dié toekennings het aan die matriekleerder Stefan van Wyk gegaan hy is as die skool se top-leerder aangewys.

Dié toekenning word jaarliks gemaak aan die leerder wat die grootste bydrae gelewer het tot die uitbou van die beeld van die skool.

As hoofseun het Stefan die studenteraad uitstekend gelei en het hy opgetree as voorsitter van die verteenwoordigende raad van leerders. Hy is ook lid van die skool se beheerliggaam. Stefan het ook Die Burger se Jeugleierskonferensie bygewoon.

Op akademiese gebied het hy flink gepresteer en erekleure verwerf.

Stefan het ook ’n groot rol gespeel in die bemarking van die Hoërskool Tygerberg en skakeling met ander skole.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur