ANNELU SKITTER IN UITVOERENDE KUNSTE Tanya van Zyl
2012-11-05 01:00

Annelu le Roux

Op 20 Oktober het die jaarlikse OP-byeenkoms vir die uitvoerende kunste van Suid-Afrika weer in Port Elizabeth plaasgevind.

’n Groot aantal deelnemers het ingeskryf vir die verskillende afdelings, waaronder drama, sang, musiek, modelwerk en dans.

Annelu le Roux van die Hoërskool Cradock het aan vier afdelings deelgeneem en het besonder goed gevaar in al die genres.

Sy is gekies vir die OP-span wat in 2013 in Rustenburg aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms gaan deelneem.

Sy sal die OP in al vier afdelings (sang, dans, drama en modelwerk) verteenwoordig. Annelu is reeds vanjaar vir die SA-span in dans gekies, maar wil volgende jaar voluit deelneem om in al die afdelings te presteer.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur

Naam

2012-11-07 12:29

Kommentaar