WAT DINK JY VAN HALLOWEEN? JIP-redaksie
2012-11-05 01:00

Baie mense sê Halloween is ’n satanistiese tradisie ons het gevra wat Jippers dink.Liandri van Schalkwyk: “Dis soos mense wat te kere gaan oor Harry Potter of Twilight. Kom by! Dis iets vir die fun, en dis wat jy daarvan maak!”

Corné Visser: “Overrated Amerikaanse tradisie. Niemand onthou of weet eintlik in elkgeval waaroor dit oorspronklik gegaan het nie, so dis semi-afgewater en sinloos.”

Jan-Louw Kotzé: “Halloween se wortels lê in die okkulte. Al is jy net deel van die dag om lekkers te kry of snaaks aan te trek, is jy steeds deel van ’n okkultiese gebeurtenis. Die duiwel infiltreer ons lewens op baie subtiele wyses. Hy wil hê ons moet dink dit is ’n skadelose, prettige dag.”

Dvaine Nel: “(Maak bietjie keel skoon!) Mense, chillax! Dié wat die duiwel wil aanbid, dit is hulle probleem, dié wat fun wil hê, go for it...wie is jy as mens om te oordeel? Almal het hul eie menings. Dit is wat jy daarvan maak...God sê ‘ondersoek alle dinge maar behou die goeie’.”

Carmia Supernerd Korsten: “Nee, dis glad nie die bedoeling daaragter nie...Mense sal altyd die sogenaamde ‘duiwel’ in alles wil sien dis pateties!!”

Kerry-Ann Mchenry: “Halloween is wat jy daarvan maak! Iemand het net iets uitgedink om kiddies mee besig te hou.”

 

 

 

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur