TIENERS GAAN MAL WEES OOR 'PROJECT X' Rozanne Els
2012-10-30 01:00

Tieners gaan mal wees oor 'Project X'

Project X
Komedie
  
Project X is soos 'n motorongeluk. Jy wíl verbyry, maar jy kan nie help om te kyk nie.

Die storie draai om Thomas (Thomas Mann), 'n bleeksiel wie se lewe binne 'n paar uur tydens sy verjaardagpartytjie heeltemal uitrafel.

Die partytjie ontwikkel vinnig van een waar die drank vloei tot een waar naakte meisies in die swembad baljaar, tieners hulle vergryp aan dwelms, Pappa se nuwe Mercedes-Benz in die swembad beland, 'n dwergie in die oond geprop word en 'n dwelmhandelaar wraak neem deur die hele buurt aan die brand te steek.

Of dit realisties is, sal net 'n Amerikaanse tiener vir jou kan sê, maar tieners sal mal wees oor dié fliek. Dit gaan oor jonkwees en skakel in by elke tienerseun se fantasie dat hy die gewildste ou in sy skool wil wees.

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur