CROOKED?HALO - SINOVUYO NKONKI Shawna-Leze Meiring
2012-10-24 01:00

Crooked Halo
deur Sinovuyo Nkonki

Crooked Halo vertel 'n baie realistiese storie oor 'n tienermeisie en haar ervarings van die liefde.

Dit is 'n storie wat uit rou en suiwer emosie geskryf is.

Petra en haar pure verliefdheid is eg, en die meeste tienermeisies sal hulself daarmee vereenselwig.

Die spreekwoordelike player mors met Petra se gevoelens en los haar met 'n (erg seer) gebroke hart.

Ek het anders gekyk na tienerverliefdheid ná die lees van hierdie boek.

Alle tieners se siening van verliefdheid, want dit is beslis verliefdheid en nie liefde nie, is dieselfde.

En as jou ma of vriendinne vir jou sê dat jy beter af sonder die outjie sal wees, weet maar hulle is reg X al wil jy dit nie dadelik glo nie.

Die storielyn is met tye vervelig en voorspelbaar.

Die skrywer het selfs op plekke té veel byvoeglike naamwoorde gebruik wat my op my tande laat kners het.

Hierdie boek bied egter baie goeie insig in die tradisies van jong swart vroue, wat lesers uit ander kulture se oë sal oopmaak.

Dit vergoed vir die voorspelbare storie.

Met 234 bladsye is hierdie 'n boek wat jy oor 'n naweek kan lees en waarmee jy jou aandag van jou eie probleme kan aflei.

Nes die titel sê kan tienerliefde eers so wonderlik klink en jou laat voel of jy op wolke sweef tot jy terugkom aarde toe met 'n harde slag!

KOMMENTAAR.



btn left image btn right image
Jou kommentaar in te dien, Tik twee woorde hieronder en klik op stuur